MacFarlanes

Gastehuis
MacFarlanes
MacFarlanes Gastehuis is 'n familiebestuurde gasteplaas naby Harrismith in die beeldskone Oos-Vrystaat. Die gastehuis is 'n selfsorg gastehuis met verblyf vir 12 mense.

Die gastehuis lê langsaan die plaas se dam. Die gasteplaas bied die omgewing se natuurskoon met die opsie vir verskeie lekker aktiwiteite. Hier is plek vir herlaai in stilte, of aktief lewe met verskeie opsies vir aktiewe ontspanning. MacFarlanes is 'n gesinsvriendelie, kindervriendelike en troeteldiervriendelike gasteplaas.

Die gastehuis het slaapplek vir 12 mense in vier slaapkamers. Twee dubbelbed slaapkamers met en-suite badkamers en twee slaapkamers met vier enkelbeddens elk op die eerste verdieping. Daar is drie slaapkamers met die derde aan die buitekant. Die huis het 'n kaggel en kombuis vir 'n selfsorg vakansie.

Selfsorg
akkommodasie vir 12 mense.
MacFarelanes is 'n gastehuis wat langs 'n dam geleë is op 'n plaas in die Oos-Vrystaat.
Beleef die rustigheid van die natuur of geniet al die aktiwiteite beskikbaar.
MacFarlanes is sentraal geleë in die hoëveld wat ons ideaal maak vir 'n bymekaarkoms van familie en vriende wat nie naby aan mekaar bly nie. Ons is drie ure van Johannesburg, Durban en Bloemfontein, en drie ure van Pretoria af.
Die gastehuis is ideaal geleë vir daguitstappies na die Noordelike Drankensberg (65 km), Harrismith (37 km), Sterkfontein dam (20 km), Clarens (100 km), Spioenkop en Platrand slagvelde (100 km).

Skep 'n persoonlike vakansie ervaring
Herlaai in die natuur of lewe die lewe aktief met verskeie beskikbare aktiwiteite
Aktiewe leefstyl
Draf, stap, bergfiets, swem, perdry, visvang en kajak
Herlaai
Natuur, rustigheid, spasie, uitsigte en oop horisonne
Werk van enige plek af
WiFi toegang beskikbaar
Plek vir klein werksbyeenkomste
Plaaslewe
Vye, bessies, perde, beeste, wilde diere soos bokke, katte en reptiele
Natuur
MacFarlanes is die ideale bestemming vir beliggaamde leerervarings: 'n Diverse ekologiese wêreld, 'n funksionerende plaas, fossiellewe, familiemuseum en toegang tot 'n plaaslike geskiedenis fundi.
Familielewe
Verdeel jou tyd tussen aktiwiteite, rustyd of tyd saam met troeteldiere.
OPENING HOURS
CHECK IN: 14:00 PM - 21:00 PM
CHECK OUT: 10:00 AM

Galery
























